Paratrooping South Africa
welcome to paratrooping south africa

   

   

7th September

Ek verwys na die onlangse artikels in die Beeld en Rapport tov n gedenkdiens te Vryheidspark vir die weduwees van die die slagoffers van die grens oorlog op 9 Augustus.

Dit gaan my verstand te bowe. Hoe op aarde kan Dr Serote en die Vryheidspark Trust die weduwees van gestorwe oud SAW lede wat op die grens gesterf het na n gedenkdiens uitnooi as hulle mans se name nie eers op die gedenkmuur aldaar aangebring mag word nie?
Hoe ruim dit? Ek het self n vergadering bygewoon wat deur die einste Dr Seroti en die Vryheids Trust gereel is op 5 Februarie 2007 waar dit baie duidelik uitgespel is dat die SAW lede se name NIE op die muur aangebring sal word nie. Die vergadering was baie eensydig en haatspraak was aan die orde van die dag.
Die weduwees, ouers en familie van die afgestorwe grens vegters word liewer uitgenooi om die veterane gedenkdiens op 7 September 2008 by Fort Klapperkop by te woon waar die name van hulle geliefdes wel op die gedenkmuur aangebring is.